About Us

modderfontein Butchery about us

Ons Slaghuis Storie:

Januarie 1990 trou ek met Louis Botha van die plaas Modderfontein in Noordwes. So eenkeer elke 3 maande word ñ bees geslag vir Ansie, Marietjie (sy sussies) of vir ons. My skoonpa het ñ koelkamer en vleiskamer gebou en daar het ek die eerste keer ñ bees karkas gesien. Oupa Frikkie was ñ baie presiese man en ñ blokman is genooi om vir ons te kom leer om die bees snitte uit die karkas te haal. My man Louis het als afgeneem en plakate van die fotos gemaak. My skoonma Dorie het my geleer om soort by soort te verpak en om plat pakkies te maak sodat dit beter in die vrieskas gepak kan word.

Oupa Frikkie is in 2002 oorlede en ouma het Pretoria toe getrek. Sy het in Willow Haven aftreeoord gebly.

Soos die tyd aanstap het meer en meer familie en vriende ons gevra om vir hulle vleis te verwerk. Dit het uitgeloop op ñ groot slaghuis kuier waar almal gehelp het. Louis het snitte uitgehaal, die saagwerk gedoen en die wors gestop. Ander het vleis v d bene afgesny en pakkies gemaak. Dit het ñ hele naweek gevat om EEN bees te verwerk.

Nadat die versoeke te veel geraak het, het ek begin om personeel op te lei wat van die werk gedoen het. Ons “customers” het dan net self kom pakkies maak.

Toe ons vriende se vriende se vriende, asook familie se familie se vriende. Julle kry die punt nê, begin bestel het ek en Louis na vele gebede en lang gesprekke onder die wynboom tussen ons mielielande besluit om amptelik ñ slaghuis te begin.

Louis het in 2005 die geboue uitgebrei en nog 2 koelkamers aangebou. Ons is ingerig om tot 12 beeste en 25 lammers per week te verwerk. Groot masjiene is ingekoop en personeel is opgelei. ñ Slagskedule is opgestel. Beeste is by slagpale geslag, ñ Koeltrok is aangeskaf en Gesondheid Inspekteur het ons slaghuis kom goedkeur.
Vriende en Familie het agente geword en ons het op ñ gereelde basis volgens bestelling geslag.

Ons slag ons eie voerkraal beeste en lammers wat ons self voer sodat ons beheer het wat hulle eet. Geen afval soos hoendermis ( dit word baie algemeen in voerkrale gebruik) word gebruik nie. Ons gee ook geen steroide nie. ( Steroide word as standaard by meeste voerkrale gebruik sodat die bees die laaste 30 dae optimaal spiere groei. Dit het ñ 72uur onttrekkings periode)

Omdat ons die hele ketting van die kalf tot by die vleis op jou bord hanteer kan ons pryse baie kompeterend wees. Huidiglik het die baie hoë mielieprys asook konstante styging van Diesel ñ baie groot invloed op die vleismark. Sit daarby ons standaard lone en Eskom se onbetroubaarheid wat ñ groot generator noodsaak en jy kom by baie lae winsgrense uit.

0